Drie Walvisbaai Swapo-raadslede geskorsAugust 31, 2024

Drie Swapo-raadslede van die Walvisbaai munisipaliteit, Ephraim Shozi, Albertina Nkoshi en Paulus Kauhondamwa, is van 1 tot 30 September geskors. Trevino Forbes, burgemeester van Walvisbaai, veroordeel die optrede van raadslede wat raadsvergaderings ontwrig, wat hy sê hy nie langer kan duld nie.