Ladi Di 27 jaar gelede in motorongeluk doodAugust 31, 2024
Prinses Diana het 27 jaar gelede, op 31 Augustus 1997, gesterf in ‘n motorongeluk in ‘n tonnel onder die Alma-brug in Parys. Sy was vir ‘n jaar van prins Charles geskei en was saam met haar metgesel, Dodi al-Fayed, wat ook in die ongeluk dood is. Haar begrafnis in Londen is deur 3 miljoen mense bygewoon en wêreldwyd op televisie uitgesaai. Lady Di was net 36 toe sy gesterf het. Haar twee seuns, William en Harry, was toe onderskeidelik 15 en 12 jaar oud. Lady Di, soos sy algemeen bekendgestaan het, was baie lief vir haar kinders. Sy het in die Panorama-onderhoud in 1995 oor hulle gepraat.