Singapoer maak wild-smokkelhandel ‘n ernstige misdaadAugust 31, 2024

Smokkelhandel in wild is nou ‘n ernstige misdaad volgens die Wet op Georganiseerde Misdaad in Singapoer. Singapoer is volgens bewaringsgesindes ‘n gewilde verskepingsroete vir smokkelaars met Suidoos-Asiё die middelpunt van die onwettige bedryf van multi-miljard-rand. ‘n Oortreder met bande met misdaadgroepe, kan daarvolgens tot 20 jaar gevangenisstraf opgelê word. Die oortredings sluit in die invoer en uitvoer van bedreigde spesies en die vervoer daarvan sonder ‘n permit. Die insluiting magtig owerhede ook om beslag te lê op wederregtelike winste by handelaars in wildlewe met bande met georganiseerde misdaad.