Taliban se moraliteit-ministerie jak VN-sending afAugust 31, 2024
Die Taliban regering se moraliteit-ministerie sê hy sal nie saamwerk met die Verenigde Nasies se sending in Afghanistan nie. Die aankondiging volg nadat die VN-sending gewaarsku het ‘n nuwe moraliteitswet, wat vereis dat vroue hulleself heeltemal bedek en nie hul stemme mag verhef nie, skaad vooruitsigte vir skakeling met die internasionale gemeenskap. Die ministerie sê hulle wil hê internasionale organisasies, lande en die individue wat die wet kritiseer moet die godsdienswaardes van Moslems respekteer en ophou met sulke kritiek en verklarings wat Islamitiese waardes en heilighede beledig.