‘Varkhok-moordenaars’ bly in aanhoudingAugust 31, 2024
Drie mans wat aangekla word van die moord op twee vroue op ‘n plaas in Limpopo bly in aanhouding nadat die Landdroshof in Mankweng hulle borgtogaansoeke uitgestel het tot 10 September. Die plaaseienaar Zachariah Olivier en sy twee werknemers, William Musora en Adriaan de Wet, is in hegtenis geneem nadat die liggame van Maria Makgato en Lucia Ndlovu in ‘n varkhok aangetref is. Ndlovu se man is ook geskiet, maar het weggekom. Die mans word ook aangekla van poging tot moord, die besit van ‘n onwettige vuurwapen en regsverydeling.