X se bedrywighede in Brasilië opgeskortAugust 31, 2024

Die Brasiliaanse hooggeregshof het beveel dat X in die land geskors word nadat dit nie ‘n sperdatum gehaal het om ‘n regsverteenwoordiger in die land aan te stel nie. Regter Alexandre de Moraes, wat sedert April in ’n dispuut met X se eienaar, Elon Musk, gewikkel is, het beveel dat X se bedrywighede onmiddellik, volledig en algeheel opgeskort word. Dit is van krag totdat alle hofbevele nagekom is, boetes behoorlik betaal is, en ’n regsverteenwoordiger vir die maatskappy in die land aangestel is. Hy het Brasilië se nasionale telekommunikasie-agentskap 24 uur gegee om die besluit af te dwing. Meer as 20 000 breëband-internetverskaffers in Brasilië moet nou elkeen X blokkeer.