Migrante-boot ‘uitmekaar geruk’ in Engelse KanaalSeptember 3, 2024
Minstens 13 mense is dood nadat ‘n boot met tientalle migrante in die Engelse Kanaal uitmekaar geruk is. Die Franse kuswag sê meer as 50 mense is gered nadat die vaartuig vanoggend in die moeilikheid beland het. Die plaaslike owerhede sê talle mense het noodbehandeling nodig en ‘n tydelike mediese gerief is opgerig by die hawe van Boulogne-sur-Mer, sowat 45-kilometers suidwes van Calais. ‘n Woordvoerder van die Franse maritieme prefektuur sê helikopters en bote word gebruik in die soektog na oorlewendes.