Namibië 2de in Afrika op geslagsbalans-aanwyserSeptember 3, 2024
Namibië is tweede geplaas in Afrika, en tiende wêreldwyd, op 2024 se Geslagsbalans-aanwyser van die Amptelike Monetêre en Finansiële Instellingsforum. Dit lig die Bank van Namibië se leierskap uit, met vroue wat 54-persent van die senior poste beklee. Die geslags- en menseregte-aktivis Charlemaine Husselmann sê dit moedig ‘n uiteenlopende en inklusiewe leierskaps-landskap in die finansiële sektor aan.