Vanrhynspas-busongeluk eis tien lewensSeptember 3, 2024
Die Wes-Kaapse regering het bevestig tien bouwerkers is dood en 12 ernstig beseer in ʼn busongeluk in Vanrhynspas op die grens met die Noord-Kaap. Die bus met bouwerkers was op pad na Ceres in die Boland toe dit van die pad geloop het. Die LUR vir Beweeglikheid, Isaac Sileku, sê die polisie ondersoek die saak. Hy sê ondersteuningsdienste, insluitend traumaberading, word vir die slagoffers en hulle gesinne gekoördineer.