Vlakke van wildmisdaad is verbysterendSeptember 3, 2024
Wildmisdaad bly ‘n baie groot uitdaging in die land. In die jongste syfers sê die Namibiese polisie daar is in die afgelope vyf jaar 2 037 sake van wildmisdrywe aanhangig gemaak. In totaal is 4 406 verdagtes in hegtenis geneem. Beslag is gelê op 22 234 wildprodukte, 351 vuurwapens en 217 voertuie. Dit het uitgeloop op 2 157 hofsake waarin 1 382 verdagtes skuldig bevind is. Van almal wat in hegtenis geneem is, is sowat 31 persent skuldig bevind.