Daar is uitdagings met die bekamping van veediefstalSeptember 4, 2024
Reaksie word ontvang op veediefstalsyfers. Volgens Agriforum wys NamPol se amptelike syfers dat veediefstal die afgelope vyf jaar bykans verdubbel het, met 1 489 sake wat in 2019 aangemeld is en 2 786 in 2023. Sake neem jaarliks met gemiddeld 17,2 persent toe, en in die afgelope vyf jaar is vee ter waarde van 198,3 miljoen Namibiese dollar gesteel. Byna 70 miljoen dollar se diere is teruggevind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Thinus Pretorius, president van die Namibiese Landbou-unie, wat sê hulle werk met die polisie en regstelsel saam om veediefstal te probeer bekamp.