De Minaur mik na eerste Grand Slam-halfeindstrydSeptember 4, 2024

Tennis: Alex de Minaur gaan probeer om die eerste keer die halfeindronde van ‘n Grand Slam-toernooi te haal wanneer hy in die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope teen die Brit Jack Draper te staan kom. Die 25-jarige Australiër het na sy derde agtereenvolgende Grand Slam-kwarteindronde deurgedring, terwyl dit Draper se eerste keer onder die laaste agt is. De Minaur, die wêreld se nommer tien-speler, sê hy gaan voort om met ‘n positiewe ingesteldheid te speel.