Esau se regsverteenwoordiger staan af hangende appèlSeptember 4, 2024

Die regsverteenwoordiger van voormalige visserye-minister Bernardt Esau, Florian Beukes, het tydens die Fishrot-verhoor in die Windhoekse hoërhof aangekondig hy sal Esau nie verder verdedig nie. Dit is hangende ‘n appèl wat die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, by die Hooggeregshof ingedien het teen ‘n hoërhofbeslissing wat Esau toegang tot sy bevrore bates verleen. Dit sal hom toelaat om geld uit sy bevrore rekeninge te gebruik om vir regsverteenwoordiging te betaal. Beukes sê dat hy Esau die afgelope drie jaar sonder betaling verteenwoordig het.