Inligting-ministerie gereed vir kommunikasietegnologie-beraadSeptember 4, 2024

Die Inligting- en Kommunikasietegnologie-ministerie, sal in vennootskap met borge die 8ste Nasionale Inligtings- en Kommunikasietegnologie-beraad in Windhoek aanbied. Dit sal bedryfsleiers, kundiges, innoveerders, beleidmakers en belanghebbendes byeenbring. Die beraad word van 9 tot 11 September by die Mercure Hotel gehou. Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Audrin Mathe, beklemtoon die belangrikheid van die beraad.