Jongmense weer betrek by moord in EngelandSeptember 4, 2024

Die Britse polisie het vyf jong kinders ondervra oor die moord op ʼn bejaarde man in ʼn park in Leicestershire. Die 80-jarige Bhim Sen Kohli, is aangerand nadat hy Sondag met sy hond gaan stap het en is later in die hospitaal dood. Drie meisies en twee seuns, tussen 12- en 14-jaar oud, is aangekeer maar vier is later onvoorwaardelik vrygelaat. Volgens Kohli se dogter het hy buite hulle huis op die grond gelê. Sy rug is beseer en hy is dood voor hy geopereer kon word. ʼn Polisiewoordvoerder, Emma Matts, vra vir ooggetuies om na vore te kom.