Koste van mediese dekking onder die loepSeptember 4, 2024

’n Oorweldigende meerderheid Namibiërs sê hulle het nie mediesefondsdekking nie, meestal omdat hulle dit nie kan bekostig nie, volgens ’n onlangse Afrobarometer-opname. Byna twee derdes van Namibiërs dink die regering moet verseker dat alle burgers toegang het tot voldoende gesondheidsorg, selfs al moet belasting verhoog word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Victoria Raimond, die bestuurder van korporatiewe kommunikasie by die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, oor waarom mediesefondspryse so hoog is.