Lüderitz open een van grootste maritieme museums in AfrikaSeptember 4, 2024

Lüderitz maak gereed vir die opening van die 450 miljoen Namibiese dollar Namibië Maritieme Museum, een van die grootste maritieme museums in Afrika. Die museum, wat in die voormalige Ou Kragstasie in Diasstraat gehuisves word, word amptelik op 11 September geopen. Die museum van drie verdiepings kyk oor die Atlantiese Oseaan uit, en het ook ten doel om as ‘n mariene navorsingsentrum te dien. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Phil Balhao, die burgemeester van Lüderitz, wat die museum se betekenis vir die dorp beklemtoon.