Manslag-saak in verband met Gerhard Mans se dood van rol geskrapSeptember 4, 2024

Die saak in verband met rugbylegende Gerhard Mans se dood, het op niks uitgeloop nie. Die strafbare manslag-saak is vanoggend in die Katutura-laerhof deur landdros Wilka Amalwa van die rol geskrap. Die saak spruit uit Mans se dood op die Westelike Verbypad toe hy deur Jafet Paulus raakgery is terwyl hy op sy fiets was, op 4 Mei 2022. Daar was geen vordering in die saak en Paulus, wat vry is op 3 000 Namibiese dollar se borg, het ‘n handvol verskynings gemaak met sy vorige een amper ‘n jaar gelede.