Namibiërs hou nogal van appelsSeptember 4, 2024

In sy bulletin oor Julie se handelstatistiek het die Namibiese Statistieke-agentskap op appels as kommoditeit van die maand gefokus. Namibië het tussen Julie 2023 en Julie vanjaar vars appels ter waarde van 5,3 miljoen Namibiese dollar uitgevoer, terwyl die land 125,5 miljoen dollar in dieselfde periode ingevoer het. Oor die tydperk was die maandelikse waarde van vars appels wat ingevoer is, gemiddeld op 9,7 miljoen dollar met ‘n hoogtepunt van 11 miljoen dollar wat in November aangeteken is. Die meeste appels kom vanaf Suid-Afrika.