Olieprys daal skerpSeptember 4, 2024

Brent ru-olie het in die afgelope 24 uur met amper 5 persent gedaal en verhandel tans net bo 73 Amerikaanse dollar ‘n vat. Dit ten spyte van die politieke dispuut wat Libiese uitvoere tot stilstand gebring het. Analiste meen die daling word aangedryf weens kommer oor die trae brandstofvraag na swak ekonomiese aanwysers van China en die VSA. Marksentiment het verswak nadat data van die Instituut vir Voorsieningsbestuur toon dat Amerikaanse vervaardiging gedemp gebly terwyl vervaardigingsaktiwiteit in China in Augustus tot ‘n ses maande laagtepunt gedaal het. Die brandstofprys het ook plaaslik om middernag gedaal.