Proses vir nuwe besturende direkteur by Bank Windhoek, beginSeptember 4, 2024
Bank Windhoek het die begin van die werwingsproses vir ‘n nuwe besturende direkteur aangekondig. Baronice Hans se ampstermyn kom volgende jaar Junie tot ‘n einde. Sy dien sedert 1 Julie 2016 in die pos en is die eerste vroulike en langsdienende besturende direkteur van die bank in sy 42-jarige geskiedenis. Hans het volgens die bank raad uiters goed presteer met lenings en voorskotte wat onder haar leierskap met 45 persent gestyg het en totale befondsing wat met 60 persent uitgebrei het. Wins na belasting het oor die tydperk met 63 persent toegeneem.