RISE Mzansi soek werkskeppingSeptember 4, 2024

RISE Mzansi sê hoewel die Suid-Afrikaanse ekonomie ‘n geringe groei van 0,4-persent in die tweede kwartaal getoon het vergeleke met geen groei in die vorige kwartaal nie, is strukturele hervorming steeds nodig. Mabine Seabe van die party sê die groei is vér verwyder van die vyf-tot-ses-persent wat nodig is vir betekenisvolle werkskepping. Hy sê die prioriteit van die regering van nasionale eenheid moet die skepping van ‘n inklusiewe en veerkragtige ekonomie wees wat werk skep: