Stadige vordering met Transnet se omkeerSeptember 4, 2024
Transnet se uitvoerende hoof, Michelle Phillips, sê planne werp stadigaan vrugte af om die beleërde staatsspoorweg- en hawensmaatskappy om te keer. Dit is ondanks ʼn groter verlies van altesaam 7,3-miljard Suid-Afrikaanse rand vir die boekjaar wat in Maart geëindig het, in vergelyking met 5 miljard rand die vorige jaar. Die verlies word hoofsaaklik toegeskryf aan derdeparty-regseise van altesaam 4,8 miljard rand. Phillips bly ondanks hierdie terugslae optimisties en wys op pogings om die onderneming uit die rooi te kry.