80 000 drom saam vir pousSeptember 6, 2024

Meer as 80 000 mense het die nasionale stadion in Jakarta, Indonesië volgepak vir pous Franciskus se mis in die land met sy Moslem-meerderheid. Die hoof van die Katolieke Kerk is op ʼn besoek aan vier lande in die Asië-Stille Oseaan-gebied wat ook Papoea Nieu-Guinee, Oos-Timor en Singapoer insluit. Die pous het die skare aangemoedig om eenheid en vrede na te streef. Hy het ook die Istiqlal-moskee in die hoofstad besoek waar hy ʼn verklaring onderteken het om klimaatsverandering aan te pak en intergeloofsdialoog te bevorder.