China ontruim 400 000 voor super-tifoon YagiSeptember 6, 2024
China het sowat 400 000 mense ontruim voor een van die jaar se kragtigste storms die land na verwagting gaan tref by die gewilde toeriste-eiland Hainan. Treine, bote en vlugte is vir ‘n tweede dag opgeskort en skole bly gesluit. Super-tifoon Yagi gaan tans gepaard met windsnelhede van tot 240-kilometer per uur. Weerkundiges sê dit kan katastrofiese skade aanrig aan Hainan en die naburige Guangdong. Die owerhede glo Yagi gaan die sterkste tifoon wees om sy suidkus in ‘n dekade te tref.