So kan boere vee help oorleef in droogteSeptember 6, 2024
Namibië worstel met ‘n erge droogte wat ‘n verwoestende impak op sy mense, vee en ekosisteme het. Dringende maatreëls is nodig om die krisis aan te spreek en langtermynstrategieë vir volhoubare waterbestuur en klimaatveerkragtigheid te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukundige Dagmar Honsbein gesels, wat raad aan boere gee oor hoe hulle een van die ergste droogtes wat nog in die land aangeteken is, kan oorleef.