Daklose LGBT-gemeenskap benodig spesifieke skuilings, sê DASeptember 11, 2024

Die DA in Gauteng sê die daklose LGBT-gemeenskap beleef dubbele trauma by skuilings omdat die maatskaplike dienste-departement nie genoeg ondersteuning bied nie. In antwoord op ʼn vraag van die party, het die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Faith Mazibuko, gesê lede van die LGBT gemeenskap word tans deur skuilings in die provinsie gedek. Nazley Sharif van die DA sê hierdie gemeenskap moet spesifieke skuilings hê.