Stad Windhoek voer veldtog oor skoon energieSeptember 11, 2024
Die Stad Windhoek gaan ‘n weeklange veldtog oor skoon energie aanbied. Dit is om die publiek te help om brandstofvrystellings te verminder en mense bewus te maak van die waarde van elektriese voertuie. ’n Elektriese voertuie-uitstalling word op 16 September gehou. Van die verskaffers wat verwag kan word, is Tesla en Electric Vehicles Namibia. Kosmos 94.1 Nuus het met Meryclare Itwa van die Stad Windhoek gesels, wat meer inligting gee.