Studie toon kankergevalle by jongmense neem toeSeptember 11, 2024
Onlangse studies deur BMJ Oncology toon die voorkoms van kanker onder jongmense styg wêreldwyd met 79-persent. Die jongste eisestatistieke van Sanlam toon 26-persent van kankereise is van kliënte jonger as 45. Die senior mediese adviseur van Sanlam, Helen Weber, wys op die belangrikheid van vroeë opsporing en versoek jongmense om gesonder lewenskeuses te maak en om gereeld te laat toets. Statistieke Suid-Afrika verwag kankergevalle sal teen 2030 verdubbel. Weber beklemtoon vroeë opsporing en proaktiewe gesondheidsbesluite kan die kankeroorlewingskoers aansienlik verbeter.