Gesteelde Banksy-skildery teruggevindSeptember 13, 2024
Twee mans is van huisbraak aangekla nadat een van Banksy se bekendste kunswerke uit ‘n galery in sentraal-Londen gesteel is. Die diefstal van Girl With Balloon is deur die Metropolitaanse polisie ondersoek en die werk, wat sowat 6,3 miljoen Namibiese dollar werd is, is teruggevind. Twee middeljarige mans is van nie-residensiële huisbraak aangekla en word aangehou. Hulle het na bewering Sondag omstreeks 11-uur die aand by ’n galery in New Cavendishstraat ingebreek. Die kunswerk sal aan die galery terugbesorg word.