Rusland herower 10 nedersettings in KoerskSeptember 13, 2024

Rusland se verdedigingministerie sê sy magte het 10 nedersettings herower waarop Oekraïense magte beslag gelê het in ‘n inval in Rusland se Koersk-grensstreek. Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het bevestig dat Rusland begin het met “teen-offensiewe aksies, wat in lyn is met ons Oekraïense plan”. Rusland het gesê sy “Eenhede van die Noorde”-magte het die nedersettings oor twee dae teruggewin in die gebied rondom Snagost, aan die westelike flank van die gebied wat deur Oekraïne beset is. Ontleders van die Amerika-gebaseerde Instituut vir die Studie van Oorlog sê die grootte, omvang en potensiële vooruitsigte van die Russiese teenaanvalle is onduidelik.