Belastingwysigings onderteken, word volgende week wetSeptember 15, 2024
Die belastingwysigings is deur president Nangolo Mbumba onderteken en sal volgende week in die Staatskoerant gepubliseer word, het die finansministerie aangekondig. Die nuwe belastingkoerse is van krag vanaf 1 Maart vanjaar. Individuele belastingbetalers word nou kwytgeskeld van belasting op die eerste 100 000 Namibiese dollar jaarlikse verdienste.