Ekonomiese bemagting-beleide ‘nie altyd goed vir klein besighede’September 15, 2024
Die Namibië Vereniging vir Risikobestuur het in vennootskap met die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing ‘n ontbyt aangebied vir professionele persone in die risiko-bedryf en sakeleiers. Die doel was om die huidige risiko-, politieke en ekonomiese landskap te verken. Eben de Klerk, ondervoorsitter van die Vereniging vir Risikobestuur, sê die beleide wat bedoel is om breë-gebaseerde ekonomiese bemagtiging aan te moedig, kan eintlik meer skade as goed doen. Dit geld veral vir klein ondernemings wat as dryfvere van indiensneming beskou word.