Wanderers oorrompel Unam om NRU Premierliga-titel te wenSeptember 15, 2024
FNB Wanderers Rugbyklub vier fees nadat hulle die Namibië Rugby Unie Premierliga-titel gewen het. Wanderers het in ‘n sterk vertoning by die Hage Geingob-stadion FNB Unam met 45-20 geklop. In die Reserwe Liga is Kudus van Walvisbaai die nuwe kampioene nadat hulle Wanderers met 46 – 27 gewen het in die finaal. Die verdedigende kampioene in die vroue-liga, Unam Steenbokkies, het Wanderers Bokkies oortuigend met 37-7 kafgedraf.