Thailand magtig selfde-geslag huwelikeSeptember 25, 2024

Thailand se baanbreker-wetsontwerp waarvolgens pare van dieselfde geslag nou in die huwelik kan tree, is amptelik as wet onderteken. Die land se koning, Maha Vajiralongkorn, het die wet bekragtig wat oor 120 dae in werking sal tree. Dit beteken LGBT pare sal in Januarie volgende jaar hul huwelike kan registreer. Thailand is die derde land in Asië, naas Taiwan en Nepal, wat selfdegeslag-huwelike toelaat. Die wetsontwerp verleen volle wetlike, finansiële en mediese regte aan huweliksmaats van enige geslag.