Arbeidskenner reageer op skietvoorval by sakeperseelOctober 7, 2024

Reaksie word ontvang op die werknemer wat na bewering twee bestuurders by die Ondangwa Henning Crusher geskiet het. Volgens bronne het die 49-jarige verdagte na bewering die duo in ‘n lokval gelei weens frustrasies met sy werksomgewing. Hy sal Maandag in die hof op die dorp verskyn. Die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Tim Parkhouse sê daar is ‘n les om hier geleer te word.