LPM besig met verkiesingskonvensieOctober 12, 2024

Die Landless People’s Movement, LPM, het vanoggend sy verkiesingskonvensie in die hoofstad afgeskop. Meer as 80 afgevaardigdes van regoor die land woon die konvensie by met die taak om potensiële parlementêre verteenwoordigers te verkies. LPM-president Bernadus Swartbooi het die byeenkoms amptelik geopen, en die verkiesingsproses sal later die dag afgehandel word. Swartbooi is aan die woord.