Gemengde resultate vir SA se VRK-spanneOctober 13, 2024
Rugby: Die Bulle het gisteraand hulle onoorwonne rekord in hierdie jaar se Verenigde Rugby Kampioenskap behou met ‘n oorwinning van 29-19 oor Ospreys in Swansea. Die Bulle het vroeg oorheers en vier drieë gedruk vir ‘n bonuspunt, maar toe begin sukkel toe swak disspline hulle tot 13 spelers beperk het. In die ander twee wegwedstryde is die Haaie sleg geklop deur Benetton, en het met 38-10 verloor. En die Stormers moes met 38-7 die knie buig teen Edinburgh. Die Leeus speel vanmiddag om half-vier teen die Dragons in Wallis.