Huldeblyke stroom in vir MboweniOctober 14, 2024

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid sê deur die jare en in verskeie hoëprofiel rolle was Tito Mboweni ‘n man wat deurgaans integriteit en deursigtigheid getoon het. Die voormalige minister van Finansies en president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank is Saterdag na ‘n kort siekbed op 65 oorlede. Alan Mukoki van die Kamer sê Mboweni was bekend vir sy skerp intellek en diep begrip van die sake wat sy portefeuljes geraak het, Suid-Afrika en die ekonomie: