Man wat Nujoma se motor met klippe bestook, looi hom oor korrupsieOctober 14, 2024

Die luukse voertuig van arbeidsminister Utoni Nujoma is in die hoofstad met klippe bestook. Die Namibiese polisie sê die voorval het laat Sondagmiddag in Frans Indongo-straat voor ‘n bekende apteek plaasgevind. Nujoma was in die apteek. Volgens plaaslike media het ooggetuies ‘n hemplose man gesien. Hy het die motor se voorruit stukkend geslaan en die nommerplaat afgeruk. Hy is deur lede van die publiek vasgetrek en met Nujoma gepraat.