Spanning in Midde-Ooste plaas druk op BrentOctober 14, 2024
Die onlangse toename in geopolitieke spanning, veral Iran se missielaanval op Israel en Israel se daaropvolgende aanvalle op Suid-Libanon en Beiroet, het oliepryse laat styg. Teen net onder 79 Amerikaanse dollar per vat weerspieël dit die mark se reaksie op potensiële ontwrigtings in olievoorsiening in die Midde-Ooste, wat ‘n sleutelstreek vir wêreldwye energieproduksie bly. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper gesels oor die bewegings van die olieprys in die afsienbare toekoms.