Mbumba kuier by Cyril in KaapstadOctober 29, 2024

President Nangolo Mbumba is in Kaapstad deur president Cyril Ramaphosa ontvang vir ‘n werksbesoek. Die leiers sal die versterking van bilaterale betrekkinge tussen Suid-Afrika en Namibië bespreek, met die fokus op die verdieping van die geskiedkundige bande wat gesmee is tydens hul gedeelde stryd teen kolonialisme en apartheid. Die woordvoerder in die Suid-Afrikaanse presidensie, Vincent Magwenya, sê Mbumba sal Ramaphosa ook op hoogte hou van Namibië se politieke en ekonomiese landskap en ontwikkelings binne Namibië se regerende party, Swapo.