Namcor verduidelik omgewingsorg-maatreëlsNovember 17, 2024
Namcor se visie is om Namibië se koolwaterstofpotensiaal te ontsluit deur strategiese vennootskappe, volhoubare praktyke, gevorderde tegnologie en infrastruktuurontwikkeling, met die fokus op ontluikende komme soos die Oranje- en Walvis-bekken, terwyl dit bydra tot ekonomiese groei en energiesekerheid. Om die omgewings- en logistieke uitdagings in Namibië se sensitiewe ekosisteme aan te spreek, het Namcor verskeie voorsorg- en strategiese maatreëls ingestel, insluitend deeglike omgewingsimpak beoordelings. Namcor se batebestuurder, Martin Negonga, het meer inligting oor hierdie pogings gegee by ‘n regeringsinligtingsessie in die hoofstad.