Kaapstad baklei teen Eskom se 44%November 18, 2024

Die Stad Kaapstad sal vandag en môre mondelingse en geskrewe voorleggings doen tydens die Nasionale Energiereguleerder se verhore oor Eskom se 44-persent prysverhoging vir ‘n veeljarige bepaling. Die metro is ‘n heftige teenstander, namens inwoners, van die verhoging. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê dit is onbeskostigbaar, onregverdig en uit voeling met die finansiële werklikheid waarmee huishoudings, besighede en die ekonomie te doen het: