Chaotiese stemmery: Wat is die partye se opsies?November 29, 2024
Die aansienlike uitdagings by stemlokale op verkiesingsdag Woensdag, maak nog steeds opslae. Daar was tegniese probleme asook ‘n tekort aan stembriewe wat veroorsaak het dat mense ure lank moes wag, met sommige wat nie hul stem kon uitbring nie. Dit kom neer op ‘n skending van hulle konstitusionele regte. Reaksie is ontvang van Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat sê die hooggeregshof kan genader word in hierdie verband.