Swiatek moet uitsit vir ‘n maandNovember 29, 2024
Die Franse Ope-kampioen, Iga Swiatek, is vir slegs ‘n maand geskors vir ‘n opkikker-oortreding nadat sy die Internasionale Tennis-integriteitsagentskap oorreed het dit was nie opsetlik nie. Die Poolse speler het in Augustus buite ‘n kompetisie positief getoets vir die verbode middel trimetazidine. Die agentskap het aanvaar die positiewe toets was te wyte aan besmetting.