Sacha in nommer 10-trui, Libbok op bank vir StormersNovember 30, 2024
Rugby: Sacha Feinberg-Mngomezulu dra vanmiddag die nommer 10-trui en mede-Springbok, Manie Libbok, begin op die bank in die Stormers se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen die Haaie in Durban. Die Bokflank Ben-Jason Dixon is ook terug na ʼn besering met die veteraan van Zimbabwe, Dave Ewers, aan die oop kant. Die Stormers is onder druk na slegs twee oorwinnings in hulle eerste vyf wedstryde. Hulle is tans 13de op die punteleer en die Haaie negende.