Zamzam-vlugtelingkamp in Darfoer kry eerste WVP-kosNovember 30, 2024

Die Wêreldvoedselprogram het die eerste besendings kos afgelewer by die Zamzam-vlugtelingkamp in die Darfoerstreek van Soedan. Die woordvoerder Leni Kinzli het aan Newzroom Afrika gesê 17-duisend-500-ton voedsel word afgelewer by 14 kritieke brandpunte in die hongersnoodgeteisterde Soedan. Sy sê ongeveer 4,7-miljoen kinders onder vyf, asook vroue wat borsvoed en swanger is, gaan gebuk onder aktute wanvoeding.