Bulle behaal belangrike oorwinning teen ConnachtDecember 1, 2024
Rugby: Die Bulle het ‘n belangrike bonuspuntoorwinning in Galway behaal toe hulle die Ierse span Connacht in die Verenigde Rugby Kampioenskap 28-14 geklop het. Hulle het van die derde plek tot die tweede op die punteleer opgeskuif met 24 punte. Die Haaie het die talle foute van die Stormers uitgebuit en hulle met 21-15 op Kingspark in Durban ore aangesit. Op hulle beurt het die Leeus met 17-10 teen nog ‘n Ierse span, Munster, verloor.