Daures-projek weerlê bewerings dit wankelDecember 1, 2024

Die Daures Groenwaterstof Dorp het ‘n gedetailleerde reaksie uitgereik na onlangse bewerings in plaaslike media dat dit wankel. Die projek sê die bewerings is feitelik verkeerd. Die projek het aansienlike vordering gemaak, met die loodsfase wat meer as 95 persent voltooi is. Onder die mylpale is die bou en inwyding van die dorpie se landboufasiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Daures-projek se uitvoerende hoof, Jerome Namaseb.